Wat ouers moet weet oor “Vaping”

Wat is “Vaping”?

  • E-sigarette of “vapes” is batteryaangedrewe toestelle wat ‘n vloeistof en chemikalieë in ‘n damp omsit wat dan ingeasem word.

Vloeistof vir “vaping”

  • Die “E-vloestof” wat gebruik word vir die elektroniese “vape” toestelle word nie gereguleer nie en daarom kan daar nie met 100% sekerheid gesê word dat dit nikotien vry is nie.
  • Meeste van die vloeistof bestaan uit nikotien (neuro toksiene); propylene glycol (wat die rook veroorsaak) en glycerine (preserveermiddel) en geurmiddels.
  • Suiwer nikotien is ‘n gifstof en slegs 1 teelepel daarvan in vloeibare vorm kan ‘n volwassene se dood veroorsaak. Dus as die vloeistof gemors word kan dit deur die vel opgeneem word wat gesondheidsgevare kan inhou. Daar is gerapporteerde sterftes waar kinders dit ingeneem het omdat hulle dit misken het as iets aangenaam oor die bemarking op die produk (bv. lekkergoed). Daar is nie kinderbeskerming meganismes op die houers aangebring nie.
  • Nikotien vertraag die brein ontwikkeling van die tiener.
  • Die geure waarin die vloeistof kom verbloem die geur van die nikotien.
  • Verspreiders teiken tieners met die tipe geure wat hulle aanloklik sal vind soos lekkergoed, roomys en vrugte geure wat ‘n aangename konnotasie teweegbring.
  • Dit is ‘n wanpersepsie om te dink omdat die geure bekend is (voedsel geure) en omdat mense dit met veiligheid insluk dat dit veilig is om in te asem.
  • ‘n Havard studie in 2017 van die “vaping” vloeistof het bevind dat 75% van die vloeistof ‘’n chemikalie bevat “Diacetal” wat ‘n kunsmatige geur is met ‘n “botter smaak”. Hierdie chemikalie was verbind met fabriek werkers wat ‘n longsiekte opgedoen het in ‘n springmielie fabriek nadat hulle dit oor ‘n tydperk ingeasem het wat bekend staan as “bronchiolitis obliterans” of “popcorn lung”.
  • Hoe warmer die vloeistof word hoe slegter is die gevolge op menslike selle. Studies gedoen deur Dr. Rahman het aangedui dat die genesing proses stadiger plaasvind in mense wat “vape”.
  • Tieners eksperimenteer om Marijuana (THC) en selfs alkohol te “vape” wat groot gevare inhou. Dit vat slegs 5-6 “shots” om iemand te oordoseer met alkohol en verdampte alkohol wat ingeasem word, is ‘n ekwivalent van 10 “shots” in ‘n paar sekondes. Enige stowwe wat ingeasem word gaan direk in die bloedstroom in wat na die brein beweeg en enige dwelmmiddel kan breinskade veroorsaak. THC vlakke verhoog na 90% teenoor die 10-20% wat verkry word deur Marijuana te rook wat dit uiters toksies maak.

Toestelle vir “vaping”

  • ‘n Metaal spoel word gebruik om die vloeistof te verhit om rook te maak. Die metale wat gebruik word kan kanker vormende toksiene veroorsaak.
  • Die elemente wat navorsers die meeste bekommer is nikkel, chroom en mangaan wat kanker kan veroorsaak en die senuweestelsel kan aantas.
  • Daar was ook insidente waar die toestel oorverhit het en ontplof het en ernstige brandwonde veroorsaak het.

Effekte op die liggaam

  • “Vaping” veroorsaak verskeie fisiese nagevolge wat insluit:
  • Verhoogde longspanning
  • Hoofpyne
  • Allergiese reaksies op die inhoud van die vloeistof
  • Kortasem
  • Naarheid en braking
  • Droëmond, vel en oë
  • Neusbloeding
  • Kafeïen sensitiwiteit
  • Pofferige oë
  • Jeukerigheid, uitslag en swere
  • Brandgevoel in die gesig
  • Long skade
  • Verhoogde bloeddruk
  • Aktiveer hormone wat slegs deur die lewer en niere afgebreek kan word
  • Universiteit van Rochester in New York se studie in Oktober 2017 het bevind dat die rook die mond selle ontsteek wat kan lei na tandvleissiekte en dit kan ook die weefsel beskadig wat die tande in plek moet hou wat uiteindelik kan lei na tand verlies.
  • Verdampte vloeistof kan ook kondenseer in die longe wat natuurlik swaarder is as suurstof en gevolglik kan dit longontsteking veroorsaak.
  • “Vaping” kan die liggaam se natuurlike verdedigings meganismes onderdruk en dan kan die liggaam nie-effektief ontslae raak van toksiene nie.

Sosiale bekommernis

  • In stede dat “vaping” ‘n veliger alternatief word vir tradisionele sigarette word dit ook dikwels gebruik as ‘n poort na ander tabak produkte. Die Universiteit van Leeds het navorsing gedoen by 20 skole en bevind dat leerders wat aan elektroniese sigarette teug 4 keer groter kans staan om oor te skakel na gewone sigarette en 34% van die leerders het binne dieselfde jaar tabak probeer.
  • Die industrie word nie gereguleer nie en dus verkoop die handelaars die produkte aan minderjariges.
  • Net soos sigarette veroorsaak “Vaping” ‘n verslawende gewoonte by mense omdat dit dieselfde area in die brein aktiveer wat genot reguleer.

As ouers is dit is belangrik om ingeligte besluite te neem.

Recommended Articles

4 Comments

    1. Goeie dag Magritha
      Vaping sou baie dieselfde wees as hubblies net op ‘n kleiner skaal. My advies sou wees om jou dokter te raadpleeg rakende die veiligheid daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Cookie Consent with Real Cookie Banner