Die media (instrumente) wat gebruik word deur sielkundiges sal wissel afhangende van die aard van die probleem. Die assesserings is gestandaardiseerd, wat beteken die kliënt se prestasie word vergelyk met ander leerders van dieselfde ouderdomsgroep. Daar is ook spesifieke media vereistes wat deur die GDO en IEB voorgeskryf word wat slegs aanvaar sal word vir akkommodasie aansoeke. Die durasie van die assessering sal afhang van die tipe media wat ingeskakel word asook die kliënt se werkspoed. Die ideale tyd vir die administrasie van ‘n assessering is gewoonlik in die oggende en ‘n voldoende porsie van die dag moet tersyde gestel word vir die voltooiing van die assessering.

Cookie Consent with Real Cookie Banner