Die Irlen Instituut meen dat dit ‘n perseptuele prosesserings probleem is en nie ‘n optiese probleem nie. Dit is ‘n probleem met die brein se vermoë om visuele informasie korrek te prosesseer. Die Irlen metode is wetenskaplik bewys om Skoptiese Sensitiwiteit te korrigeer en word ondersteun deur studies onderneem deur kundiges in die velde van Onderwys, Sielkunde, Medies, Oftalmologie en Neurowetenskappe reg oor die wêreld vir die laaste 30 jaar. Irlen affekteer 15% van die algemene populasie en ‘n beraamde 50% van individue wat lees en leer probleme ervaar en 30% van individue met ADHD en outisme. Irlen Sindroom word ook toenemend gekonnekteer met individue met kroniese hoofpyne.
Die waarskuwingstekens wat kan aandui dat daar ‘n probleem ervaar word met Irlen Sindroom
Lees Probleme:
- Verswakte konsentrasie
- Verkeerde woorde gelees
- Probleme om van lyn na lyn te volg
- Lees in swak lig
- Vermy woorde of reëls
- Lees stadig of huiwerig
- Neem rus periodes
- Verloor hulle plek
- Vermy lees werk
Ongemak:
- Inspanning en uitputting
- Moeg of slaperig
- Hoofpyne of naarheid
- Kriewelrig of rusteloos
- Oë wat brand, waterig word of seer word
Aandag en Konsentrasie Probleme:
- Probleme met konsentrasie wanneer daar gelees word of akademiese take verrig word
- Individue kan voorkom asof hulle ander kondisies het soos ADHD en medikasie word onnodig gegee daarvoor.
Skrif Probleme:
- Sukkel om te kopieer van die bord af
- Oneweredige spasies
- Oneweredige letter grootte
- Skryf op of af van die lyn
- Wisselvallige spelling
Ander Eienskappe:
- Inspanning en uitputting van die gebruik van ‘n rekenaar.
- Probleme om musiek te lees.
- Nalatige wiskundige foute
- Getalle in kolomme is nie in lyn nie
- Oneffektiewe gebruik van studietyd
- Tekort aan motivering
- Punte reflekteer nie die hoeveelheid insette wat gelewer is nie
Diepte Persepsie:
- Lompheid
- Probleme om ‘n bal te vang
- Probleme om afstand te bepaal
Distorsies:
- Woorde op die bladsy is nie duidelik nie en is nie stabiel nie, bv: lyk vaag, beweeg of verdwyn.
Getuienis van ‘n leerder wat deur Dr. Kruger gediagnoseer is met Irlen Sindroom:
My naam is Werner. Ek is tans 15 jaar jonk.
Ek is in graad 6 gediagnoseer met Irlen sindroom.
Voor ek gediagnoseer was het ek geweldig in die klas gesukkel. Ek het hoofpyne gekry en steke in my kop asook ek kon nie die lyne op wit A4 papier raaksien nie. Om enigiets van die bord en veral ‘n wit bord na my boek oor te dra was bykans onmoontlik vir my aangesien my oë “geblur” het en dit my ‘n hele rukkie geneem het vir my oë om weer hul plek te kry op die bladsy en teen daardie tyd het ek vergeet wat ek moes neerskryf!
Nadat ek my bril gekry het dit my net ‘n paar dae geneem om aan die blou bril gewoond te raak. My lees vermoë het verbeter asook het my oë nie meer so “geblur” nie en ek het vinniger gefokus op my boek voor my.
My leesspoed asook my punte het drasties verbeter. Aangesien ek geweldig lig sensitief is, is ek ongelooflik dankbaar vir my Irlen bril en die florescent ligte in die klas pla my nou ook glad nie.
Irlen het my lewe verander en ek die bynaam by die skool “BLADE” gekry waaroor ek baie trots is.