Opvoedkundig-Sielkundige assesserings verwys na assesserings wat struikelblokke tot leer en ontwikkeling identifiseer. Leerhindernisse kan enige iets wees wat die kliënt weerhou om sy of haar volle potensiaal te bereik. Kliënte word gewoonlik verwys deur onderwysers, ouers en ander professionele persone wat besorg is oor die skolastiese vordering van die leerders of hul funksionering in die klaskamer. Voorbeelde van leerhindernisse sluit in: ADHD/ADD, Irlen, lees-; skryf-; wiskunde probleme en spelling, Diskalkulie, Disleksie, prosesserings probleme en sensoriese integrasie probleme om ‘n paar te noem.

Navorsing het aangedui dat daar veelvoudige tipes intelligensie bestaan. In die skool konteks is die fokus egter net op die tipe intelligensie wat nodig is om suksesvol te wees met akademiese werk. Die Weschler Intelligensie Skaal vir kinders (WISC-IV); Senior Suid-Afrikaanse Intelligensie Skaal- Hersien (SSAIS-R) en Junior Suid-Afrikaanse Intelligensie Skaal (JSAIS) word gebruik deur Dr. Kruger om kognitiewe vermoë te bepaal. Spesifieke skolastiese assesserings om lees en spelling, skryf handelinge, wiskunde, neurologiese funksionering; aandag en prosessering te bepaal word gebruik.

Cookie Consent with Real Cookie Banner