Hierdie assessering bepaal of ‘n leerder kognitief, emosioneel en sosiaal gereed is om die formele skolastiese eise te kan hanteer. Die Departement van Onderwys verwag dat ‘n leerder wat 7 jaar oud word in die bepaalde jaar die formele skoolomgewing sal betree. Dit is daarom belangrik dat die assesserings gedoen sal word in die jaar waarin hul 6 jaar oud word om genoegsame tyd te gee vir fisiese en emosionele ryping en om die nodige intervensie te verleen indien nodig. Leerders word kognitief beskou as skoolgereed indien hulle ‘n verstandelike ouderdom van 6 jaar en 3 maande op ‘n gestandaardiseerde skoolgereedheids assessering behaal.