Skip to content (Press Enter)
- Extra tyd- ‘n Addisionele vyf, tien of vyftien minute per uur kan toegestaan word.
- Skrywer- ‘n Skrywer skryf woordeliks neer wat die leerder dikteer. ‘n Aparte kamer is nodig vir hierdie akkommodasie. Die eksamen sessie moet opgeneem word en ‘n kopie ingehandig word met die antwoordstel.
- Leser-‘n Leser lees al die teks in ‘n eksamen vraestel vir die leerder. Die leerder mag aanvra dat sekere dele van die teks oorgelees moet word. ‘n Aparte kamer is nodig vir hierdie akkommodasie. Die eksamen sessie moet opgeneem word en ‘n kopie ingehandig word met die antwoordstel. Die IEB laat elektroniese lesers toe waar die leerder in dieselfde lokaal kan wees met die res van die ander leerders met ‘n toestel waarop die vraestel opgeneem is en oorfone.
- Amanuense- Amanuense verwys na ‘n persoon wat lees en woordeliks skryf wat die leerder dikteer . ‘n Aparte kamer is nodig vir hierdie akkommodasie. Die eksamen sessie moet opgeneem word en ‘n kopie ingehandig word met die antwoordstel.
- Souffleur (Prompter)-Die funksie van ‘n Souffleur is om die leerder te herfokus wie se aandag maklik afgelei kan word. Dit kan gedoen word met ‘n verbale of fisiese teken. ‘n Aparte kamer is nodig vir hierdie akkommodasie. Die Souffleur mag nie inmeng met die leerder se antwoorde tydens die eksamen nie.
- Spelling- ‘n Spelling akkommodasie word toegeken wanneer daar ‘n betekenisvolle teenstrydigheid is tussen die leerder se kronologiese ouderdom en die spelling ouderdom asook die leerder se vermoë om denke voldoende en leesbaar uit te druk. ‘n Spelling plakker word op die antwoordstel geplaas. Die nasiener moet enige spelling ignoreer as dit foneties korrek geskryf is. Die uitsondering is egter met taal vraestelle waar tekstuele redigering getoets word en spelling deel vorm van die inhoud.
- Handskrif- ‘n Handskrif akkommodasie beteken dat ‘n plakker geplaas word op die leerder se antwoordstel en daar verwag word dat die nasiener onnet handskrif sal ignoreer.
- Braille- Indien die leerder geonderrig word in braille mag die eksamen vraestel aangebied word daarin.
- Vergrote Teks- Indien die leerder visuele probleme ervaar kan daar aansoek gedoen word dat die teks van die eksamen vergroot word.
- Rekenaar- ‘n Leerder kan ‘n rekenaar gebruik om sy of haar antwoorde te tik. Toegang tot ‘n rekenaar is belangrik en ‘n aparte kamer is nodig vir die akkommodasie.
- Medikasie/ Voedsel inname- Leerders mag die geleentheid vergun word om medikasie gedurende die eksamen te neem of toegang tot voedsel of vloeistowwe gegee word om suikervlakke te reguleer. Daar kan ook aansoek gedoen word vir rus periodes tesame met hierdie akkommodasie. ‘n Aparte kamer is soms nodig vir hierdie akkommodasie.
- Praktiese assistent- ‘n Praktiese assistent akkommodeer ‘n leerder se spesifieke behoeftes om te verseker dat hy of sy die eksamen kan voltooi. ‘n Voorbeeld sal wees wanneer ‘n leerder ‘n rolstoel gebruik mag ‘n assistant nodig wees of wanneer ‘n leerder met kleurblindheid ‘n assistent nodig het vir Aardrykskunde vraestel II. Die hulp moet verleen word sonder dat die assistent in gesprek tree met die leerder. ‘n Aparte kamer is nodig vir hierdie akkommodasie.
- Rus periodes- ‘n Rus periode verwys na ‘n tydperk waar die leerder nie by sy of haar tafel in die eksamen lokaal hoef te wees nie maar steeds in die vertrek bly. Rus periodes tel nie as extra skryftyd nie. Die rus periode tyd sal by die eksamen tyd gevoeg word. ‘n Aparte kamer mag dalk nodig vir hierdie akkommodasie.
- Aparte Kamer- ‘n Aparte kamer is ‘n stil omgewing weg van die eksamen lokaal. Die gebruik van ‘n aparte kamer is om die leerder te ondersteun of om te voorkom dat ander leerders versteur word tydens die eksamen proses.
- Spesiale toerusting- Die GDO/IEB moet in kennis gestel word indien ‘n leerder enige spesiale toerusting verlang. In gevalle waar die gebruik van spesiale toerusting steurend kan wees vir ander leerders moet ‘n aparte kamer nodig wees vir die akkommodasie.
Cookie Consent with Real Cookie Banner