Die doel van terapie is om die kliënte en hul families te ondersteun met probleme en uitdagings van ‘n persoonlike aard (emosionele uitdaging of gedragsprobleme), sosiale aspekte, leer ondersteuning en loopbaan ontwikkeling in verskeie kontekste. Dr. Kruger ondersteun kliënte om hul probleme en struikelblokke te oorkom deur verskeie tegnieke en te gebruik in ‘n gestruktureerde wyse wat hul help om hul eie gedagtes, gevoelens en betekenisse aan te spreek sodat hulle oplossings kan vind vir hulle kwellinge.