In graad 9 moet leerders vakkeuses maak wat hul opsies tot toegang vir toekomstige tersiêre studies en loopbaan keuses sal beïnvloed. In graad 11 maak leerders spesifieke loopbaan keuses en bepaal hulle waar hulle opleiding daarin gaan ontvang. Vak keuse en loopbaan keuse assesserings gee leerders insig in hul persoonlike sterkpunte en verskaf leiding vir die korrekte vak keuse kombinasies vir toekomstige loopbane.
Die assessering bepaal die kliënt se aanleg, belangstelling, waardes en persoonlikheidsprofiele. Tesame met hul akademiese prestasie word vakke en loopbane voorgestel wat die mees geskikste sal wees vir die kliënt.